Praat Saam by die Woordfees!
Maandag, 9 Maart 2015 van 08:00 tot 09:00
Hoe pak ons Afrika-uitdagings vanuit 'n Afrika-perspektief? Hoekom sukkel Afrika so om uit die blokke te kom?
Ivor Price en Praat Saam se regisseur Jody Hendricks nooi jou om jou sê te kom sê by dié regstreekse Praat Saam-uitsending. Gaste vir Maandagoggend sluit in dr. Franklin Sonn en Roelf Meyer.
Dr. Franklin Sonn
Dié sakeman en voormalige president van die Afrikaanse Handelsinstituut dien tans op verskeie direksies. Hy's een van Suid-Afrika se mees gesaghebbende denkers, en 'n voormalige ambassadeur in Amerika.
Roelf Meyer
Dié sakeman is bekend vir as hoofonderhandelaar tydens Suid-Afrika se oorgang na demokrasie. Hy dien steeds op verskeie direksies, en lei verskeie vredesprosesse in verskillende lande.
Waar: Plataankafee, agter die US Kunsmuseum op Stellenbosch
Toegang tot Praat Saam se regstreekse Woordfees-uitsendings is gratis, en jy's welkom om ontbyt te eet by die Plataankafee terwyl jy die uitsending meemaak. Parkering is net agter die Kunsmuseum beskikbaar.